0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (4)
  • R250 - R500 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments

Die Pro (Afrikaans, Paperback, Film-Uitgawe): Leon De Villiers Die Pro (Afrikaans, Paperback, Film-Uitgawe)
Leon De Villiers
R215 R185 Discovery Miles 1 850 Save R30 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Sanlambeginnersprys (1997)

Scheepersprys vir jeuglektuur (1998)

M.E.R.-prys (1998)

’n Aangrypende verhaal oor vriendskap, verlies en die demone wat tieners moet takel in die proses van grootword, geskryf in die taal van vandag se tiener. Die hoofkarakter is ’n 16-jarige seun wat versot is op branderplankry, ’n karakter met wie tieners, en veral seuns, maklik sal kan identifiseer. Nou ook 'n rolprent met Ballade vir 'n Enkeling se gewilde Edwin van der Walt in die leidende rol in die rolverdeling van jong akteurs.

Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Maroelaboomstories (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Lutz
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Herleef ou gunstelinge uit die maroelaboom

Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunsteling slaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek.

Die klein bobbejaantjies wil eers gou nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai.

Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het?

Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou!

Hierdie heruitgawe van Leon de Villiers se oorsponklike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar Linki Lutz geďllustreer.

Tales From The Marula Tree (Paperback): Leon De Villiers Tales From The Marula Tree (Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Lutz
bundle available
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Relive old favourites from the Marula tree.

Every evening at sunset the troop of baboons climb to the top of the big Marula tree. It is their favourite tree to sleep in.

They clamber around looking for a comfortable spot. It takes a while for everyone to settle down, but eventually even Aunt Mangy has found the perfect branch for her tired body. All is quiet.

The baboons are waiting for the evening star to appear. Who will be the first to see the star tonight? "There it is!" cries one of the little ones.

As soon as the star has appeared, a little voice begs: "Please tell us a story!" "Yes, a story, a story!" it echoes in the branches.

An omnibus with fifteen highly original and entertaining animal stories.

This re-release of Leon de Villiers' original animal stories was illustrated by talented artist Linki Lutz.

Wetenskap Vyte (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Wetenskap Vyte (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers; Illustrated by Linki Brand
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Vyte-boek vir almal.

Wat is ‘n wetenskaap? ‘n Mens wat hou van vyte, word ‘n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bęre dit onder hulle beddens.

Wat is ’n vyt? Wanneer ʼn mens goeters uitmekaar haal en dit weer bymekaar sit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte.

Het jy geweet dat idees die mis van breinwurms is as hulle mense se ongedinkte gedagtes eet? Of dat kannibale skole uitgedink het? Of dat skape so slim is dat hulle van groen gras wol kan maak en sommer daarmee saam die seisoene veroorsaak? Dit is als vyte!

Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderste-bo wonderlike en snaakse vyte oor die mens, die aarde en die sommer nog baie ander dinge in die heelal. ’n Heerlike boek vol fiktiewe feite wat nuuskierige agies vir ure sal laat glimlag.

Die Groot Koelte (Afrikaans, Paperback): Leon De Villiers Die Groot Koelte (Afrikaans, Paperback)
Leon De Villiers
bundle available
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dit is tyd om jou binne-leeu te ontdek.

Die węreld het verander. Dit is warm en dit het jare laas gereën. Die bome is weg. Al die ys het gesmelt.

Sedert Feliks se mense sonder hom weggetrek het, bly hy alleen op 'n strand, met net 'n lafhartige leeu, 'n veglustige seemeeu en 'n trop lastige bobbejane as geselskap.

Maar op 'n dag is daar seilskepe op die horison. Aan boord is die bevelvoerder, kaptein Blou, en haar vreesaanjaende bemanning. Hulle is ysbere wat die węreld vol swerf op soek na die laaste oorblywende ys. Toe die bere voet aan wal sit, is hulle eers vasbeslote om Feliks op te vreet. Maar die ysbeer-kaptein is seker sy ruik iets geheimsinnigs in sy bloed. Sy glo Feliks kan hulle gaan wys waar die laaste ys is!

Wat volg is 'n swerftog die onbekende in, om ys iewers in die berge te gaan soek. En terwyl Feliks die ysbere aanvanklik op 'n dwaalspoor lei, begin hy stadig maar seker besef hul reis kan dalk die węreld verander … as hy die bere kan oortuig van sy droom oor die Groot Koelte.

Hierdie meesleurende fantasieverhaal is meesterverteller Leon de Villiers op sy allerbeste. Dit is 'n aksiebelaaide storie wat knetter met vonke van humor, kraakvars taal, kreatiwiteit, deernis, hoop - en 'n onblusbare liefde vir die natuur.

Erik En Die Kido-dinges (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition): Leon De Villiers Erik En Die Kido-dinges (Afrikaans, Paperback, 2nd Revised edition)
Leon De Villiers
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos 'n biblioteek. Maar by 'n kidoteek ruil 'n mens nie boeke om nie. By 'n kidoteek ruil 'n mens kinders om. En dis presies wat Erik se pa-hulle met hom doen. Hy beland by Meneer en Mevrou de Kommer wat hulle oor als bekommer - motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se gesin vir hom glad nie meer so sleg nie en verlang hy selfs so 'n bietjie na hulle! Gelukkig ontdek Erik dat daar ook 'n oudoteek is waar ouers omgeruil kan word. En wie tref hy by die oudoteek aan toe hy die De Kommers gaan omruil? Niemand anders as sy eie ouers nie - en hulle smeek vir Erik om hulle terug te neem!

Droomoog Diepgrawer (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe): Leon De Villiers Droomoog Diepgrawer (Afrikaans, Paperback, 3de Uitgawe)
Leon De Villiers
bundle available
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Lank, lank gelede was die Diepgrawers ’n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor: Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande onerdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond!

Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word – hulle moet veld-uit.

Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die wrede Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog ’n ware Diepgrawer, ’n erd wat nie opgee nie, ’n erd met ‘n plan.

Paris Sauve ! ! ! Ou La Debacle de la Commune (French, Paperback): Leon De Villiers, Georges De Targes Paris Sauve ! ! ! Ou La Debacle de la Commune (French, Paperback)
Leon De Villiers, Georges De Targes
R375 Discovery Miles 3 750 Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Pink Fresh Couture by Moschino EDT 100ml…
R1,458 Discovery Miles 14 580
Shelly Dimmer 2 Smart Wi-Fi Relay Switch…
R999 R939 Discovery Miles 9 390
Bantex @School Medium Jumbo Colouring…
R27 Discovery Miles 270
Unicorn Maestro 100 Flights (SA Flag…
R29 R17 Discovery Miles 170
Sony PlayStation 4 Slim Console Bundle…
R8,799 Discovery Miles 87 990
When Love Kills - The Tragic Tale Of AKA…
Melinda Ferguson Paperback R320 R235 Discovery Miles 2 350
Low Carb Is Lekker Three
Ine Reynierse Paperback R320 R256 Discovery Miles 2 560
Cartier Pasha De Cartier Noire Eau De…
R3,118 Discovery Miles 31 180
Mission Impossible 7 - Dead Reckoning
Tom Cruise, Hayley Atwell, … DVD  (1)
R325 R204 Discovery Miles 2 040
Sudocrem Skin & Baby Care Barrier Cream…
R117 Discovery Miles 1 170

 

Partners